Jump to content

My eerste huisskoonmaak


Legalbuff

Recommended Posts

My baas vra Vrydagmiddag in Australie vir my wat ek beplan vir die naweek... Sien, die man seil en kajak en ek weet nie watse ander goeters nie, maar hy is 'n "partner" en sy vrou werk nie. Sy het heeldag om toe te sien dat die kakkerlakke nie nesskop onder die skottelgoedwasser nie en dat die klere nie vrot in die wasgoedmandjie nie. Ek - nie 'n partner nie. Wel, miskien 'n partner in my eie huisskoonmaakbesigheid, maar dis ook maar al. So nee baas, geen lekker planne vir die naweek nie, want sien, ek moet HUISSKOONMAAK...

So tussen ons intrekkery deur het ons gevee, bietjie hier gewas en daar gestryk, maar nie 'n GROOT skoonmaak soos my ma al die jare nog op 'n Maandag doen nie. Julle weet mos waarvan praat ek: afstof, vloere, wasgoed, stryk wat gestryk moet word, kassies in kombuis afvee en al die dinge. So ja - als is toe eindelik uit die bokse in die kaste, die verpakkingsmateriaal is in die week verwyder en dis Saterdag. En ek moet die huis skoonmaak. Net om dinge reg te hê sodat ons ook in 'n roetine kan kom.... so Saterdagoggend diep asem in, tekkies, sweetpakbroek, en daar gaat ek...

Ek dog toe ek sal klein begin - die slaapkamer... bed opmaak, afstof, klere optel, ophang, kas bietjie netjies trek. Kyk op die horlosie - 1 uur weg! (WAAAAT????) Wat ek vergeet het met die slaapkamer is dat saam met die slaapkamer kom die ensuite badkamer. Ek HAAAT badkamer skoonmaak want in die badkamer is die toilet, en daar is net iets verskriklik verkeerd met die feit dat mens 'n toilet moet skoonhou. Ek weet ek moet, maar ek gril. Ek dink almal gril. Party erken dit, ander nie. Maar almal gril. Maar ek worstel deur die badkamer, trek my handskoene aan, maar die toilet skoon met amper 'n liter Harpic en verdrink amper kop onderstebo toe ek die massiewe bad vir 2 uitwas. Maar toe ek (amper oorwonne) daar uitstrompel, toe blink dit...

Volgende: Kombuis. Amper so erg soos die toilet. Yskas - ou kos uitgooi, slap slaaiblare en kool wat nie eens vars geruik het toe ek dit gekook het nie. Jig. Ek skrop die stoof, vee kaste af, vee my arms lam met 'n massiewe besem en mop vloere. Breek amper my gewrig tussen die mop en die emmer, en tussenin is dit wasgoed, ophang, nuwe lading, tuimeldroer (dit reen ook nog buite) en so aan.

Eindelik blink als - Kombuis, toilet, yskas, vloere, selfs gestofsuig. Besit al die stofsuier 'n jaar en dit was my eerste "hands on" gebruik. Wat 'n absolute skande!! (Maar wat 'n kick ass stofsuier - hy suig amper die mat uit die vloer!)

Toe is dit stryk. Hoeveel hemde kan 'n man in 'n week dra??? (En ek ook maar ek sê dit nie hardop nie.) En t hempde wat te lank na die tuimeldroer gelê het - lesson learned. En ek stryk en stryk en voel hoe ek 'n kilo verloor aan sweet. Maar 2 ure later is ek klaar en als is in die kas. Die waskamer blink ook. Nou nog my dooie boom probeer red...

Ek stoei deur die snoei van 'n lollipop boompie - die ding is SIEK! Het 2 in die tuin, een amper vrek, die ander doodgesond... Hmmm - voel vir my kwajongens in die buurt het hom dalk 'n Coke gegee of iets, maar ja - sal maar sien. Spuit wat ek moet, voer plant muti, dra hier en daar ietsie in die garage in... Hoe laat is dit?? 16h00????? WAAAAAATTT???

En so het my eerste eie huisskoonmaak ('n GROTE) tot 'n einde gekom. Ek gaan sit met 'n koppie tee en 'n boek. Dut in.... word wakker en probeer opstaan - styf asof ek 'n marathon gehardloop het. Maar toe ek vanaf die tvkamer uitkyk na die res van die huis, toe blink dit so, dit lyk of hy knipoog.... En ek is SO TEVREDE!!!

Link to comment
Share on other sites

Hey LB,

Dit was nou 'a job well done'!!! Nou hoef jy net te maintain, hoef nie elke dag alles skoon te maak nie. Mens leer lekker hier in Oz om maar agter jou op te tel en te clean as you go......anders voel mens soos jy nou voel, stokstyf en lyf seer. As almal net wil saam werk dan is dit maklik.

En ek is mal oor al die skoonmaak goed wat jy hier koop....jy kry chemical free, green, goeters ook en dit werk! Sit maar vir jou doef doef musiek aan as jy skoonmaak en kyk hoe vlieg die tyd, maak net seker jou man staan nie agter jou en kyk vir jou as jy die briekdans saam met die vc doen nie!

Groete, B.

Link to comment
Share on other sites

Jinne maar ek het so lekker gelag toe ek jou post lees!

Ek weet presies wat jy se en beleef heir hoor. Ek moet se die toilet is ok dis die shower wat ek HAAATTTTT!!!!! hehe

Lekker skoonmaak!

Nats

Link to comment
Share on other sites

Thanks for a real laugh! It is not easy to make something as bad as cleaning and housework funny!!!!!!!!!!!!!!!

Thanks

Al

Link to comment
Share on other sites

Moet se hierdie was net wat ek nodig het op n maandag oggend.

Baie geluk met die wonderlike poging wat toe so wonderlik uitgedraai het

Rene

Link to comment
Share on other sites

Het ek nou so lekker gekry en gelag. Jy maak skoon aan daai kant - en ek het skoongemaak hier want sien, ons het skou-huis gehad Sondag. So teen 15h00 het ek besluit, genoeg is genoeg. Ek het nou genoeg gewas, geskrop, opgetel ens. Het ook nie hier 'n huishulp nie - die kinders moes maar ook inspring en hulle bietjie doen. Manlief was buite besig met die tuin. Dit gaan nou wraggies nie elke keer gebeur wanneer ons skou nie.

Het darem 'n goeie skoudag gehad - so tussen die reen en storms. Agent se sy het amper 'n offer gehad. Dus was die harde werk seker maar die moeite werd. Ons wag nou maar.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Baie goed gese hoor,ek dink ons voel maar almal min lus vir skoonmaak maar as als klaar is en die huis blink is dit n goeie gevoel.

Ek kan als hanteer,tot die toilet en die stort,maar o wee die vensters,kyk ek moet myself omtent sielkundig oortuig da dit gedoen moet word en dan is dit omtrent n stryd om te begin. :)

Link to comment
Share on other sites

Kom gee gou vir my 'n demo hier by my huis hoe dit gedoen word ... ag pleees tog. Ja, nee dis harde werk, hoop net dit word waardeer.

Link to comment
Share on other sites

Ja, huis skoonmaak is een van daardie dinge wat niemand raaksien as dit gedoen word nie, maar boeta, laat jy dit nou net die een dag nie doen nie of nie klaarkry nie, dan sien almal dit raak !!

Link to comment
Share on other sites

Ha ha!! Ja, die "dankie" is nogal belangrik as mens so hard gewerk het.... ;)

Christina, hoe lyk dit = het julle 'n offer gekry?? Hoop so - mens kan nie so hard werk vir niks nie!!! ;)

Ek moet sê - ek is nou bietjie "obsessive". Mens dink nog jy ht jou skoene uitgeskop in die aand dan het ek laaaankal opgevleig en dit loop bêre. Elke counter word na elke maaltyd netjies afgevee - dit moenie weer so erge huisskoonmaaksessie wees nie!!!

Wys net hoe vinnig mens leer.... :blush:

Link to comment
Share on other sites

My regter (en linkerhand) in SA se naam se is Martha........ wel ek het nooit gedink ek sal die ou SA mis nie maar ek doen want hierso is ek Martha.....

Ek kan die toilet ding doen maar ai die stryk ding kry my onder........ ek HAAT STRYK!

Link to comment
Share on other sites

Christina, hoe lyk dit = het julle 'n offer gekry?? Hoop so - mens kan nie so hard werk vir niks nie!!! :blush:

Hi Leagalbuff

Nee, nie offer gekry nie. Agent se sy het amper een gehad, maar die mense wou nog 'n bietjie rondkyk maar was mal oor die huis en dit is in hulle prysklas. Nou ja, ons sal maar moet sien. My man het gese dat hy nie wil hoor van amper nie - hy wil die offer sien. So, ons wag maar...... :blush:

My buurvrou se ma het my die wenk gegee vir vensters was aan die buitekant van die huis - en dit werk lekker (doen ons huis se vensters buite binne 30 minute. Gebruik 'n emmer met vol sunlight liquid. Gebruik 'n besem en was die vensters - die besem skrop al die vuilheid af. Gebruik die tuinslang om alles goed af te spuit - jy moet egter die vensters goed afspuit anders maak dit strepe. As jy wil kan jy die motor se shammy gebruik om droog te maak - ek los dit gewoonlik net so om sommer self droog te word.

Nou ja, lekker huisskoonmaak.

Groete

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Ja, ek kannie glo ek en my man was so sleg in SA dat ons nooit agter onsself skoon gemaak het nie. Anetta kom mos more... Ons het dit job creation genoem.

Nou maak ons heeldag skoon, en vir die eerste keer weet ons waar alles is en hoef niks te soek nie. Ons moes gereeld vir Anetta bel om te hoor waar sy iets weggesteek het. Ek verlang na Anetta. Ek het haar nou die dag gebel op haar verjaarsdag, toe wil sy net weet wanneer kom ons terug want sy mis die kinders.

So gepraat van toilet skoon maak, ek sit nou die dag een van daai harpic blou goed in die toilet sodat dit kan skoon en lekker ruik vir langer. Ek het eers later agter gekom ek het die bloue gekoop in plaas van die deurskynende ene. So elke keer as jy flush, dan spoel alles blou. My dogtertjie kom toilet toe net toe ek daar uit kom. Sy kom toe onmiddellik uit en vray bekommerd vir my: Mamma, is jou boude blou?

:thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Ek het al gehoor mens kry 'n stofsuier wat jy soos 'n rugsak op jou rug dra sodat jy hom nie hoef rond te sleep nie. Enigiemand al daarvan gehoor?

Link to comment
Share on other sites

Ja Thys, al gehoor van maar nog nie gesien nie. Is jy nog in SA? Ek dink amper online gaan jou beste opsie wees. Indien al in Aus, probeer dalk Good Guys of Harvey Norman? Maar soos gesê - ek het nog nooit die ding gesien nie.

Ek dink hulle moet een maak waarop jy kan ry, soos 'n grassnyer. Maar dan sal ek weer in als vasry.

;)

Link to comment
Share on other sites

Ja Thys, al gehoor van maar nog nie gesien nie. Is jy nog in SA? Ek dink amper online gaan jou beste opsie wees. Indien al in Aus, probeer dalk Good Guys of Harvey Norman? Maar soos gesê - ek het nog nooit die ding gesien nie.

Ek dink hulle moet een maak waarop jy kan ry, soos 'n grassnyer. Maar dan sal ek weer in als vasry.

:ilikeit:

Ek het hier in Perth 'n ou langs die pad gesien met een. Hy maak skoon terwyl die ander ouens aan die pad werk. Hy suig die gemors sommer so van die pad af op, reg agter die lorrie wat een of ander werk doen. Amazing hoe hierdie mense werk hier...

Link to comment
Share on other sites

Hi Thys

Ek het vir my een van daai oulike Robot Stofsuiers gekoop, want mens mag nie sweet in Brisbane weer nie. Dis hel om self dit te doen. Dit werk absoluut wonderlik, sy naam is Roberto en hy gaan "dock" homself as die battery bietjie sag raak. Werklik 'n goeie koop.

Bietjie raad:

Elkeen maak die toilet skoon na gebruik. Die een wat die laaste rol papier gebruik, moet sorg vir nuwes.

Spuit stort met soapscum remover na gebruik. Dit kos bietjie roetiene, maar dit werk.

Moenie 'n wasgoedmandjie in die badkamer hou nie, laat almal hul wasgoed in die masjien gooi. Hou wit eenkant in die mandjie. Die een wat sien dis vol, sit die masjien aan om te was.

Was jou klere, skud uit voor jy hang en vou dit netjies op wanneer jy dit van die lyn afhaal, stryk as dit rerig nodig is. Of tumbledry dit, dit maak die meeste kreukels weg. Koop klere wat min stryk nodig het, dit help.

Was skottelgoed na gebruik, gelukkig het ek 'n skottelgoedwasser - maak dit net veel makliker. So ook die stoof ens.

Gooi oortollige kos weg, of kook net genoeg.Vermy dit om goed in bakkies te stoor vir later. Weet dit klink naar om kos weg te gooi, maar dit maak dit veel makliker. In meeste QLD huise is daar insinkerators, waar jy die kos kan wegmaal in die drein. Better om die natuur te voed as om ongewenste bakterie in die yskas te laat kweek.

Op die oomblik werk dit goed in ons huishouding.

Om die waarheid te se, met Roberto se hulp, stof en mop ek elke 2e week. Roberto doen sy ding elke 3de dag, goed in roetiene.

Dis moeilik om jou familie in die roetiene te kry, ons was te gemaklik daar anderkant. Maar elkeen moet sy kant bring, dit maak dit net soveel makliker, veral as vroulief moet werk en sy kan nie byhou met huiswerk nie. Vergeet die idee van: dis 'n vrou se werk, of 'n man se werk. Dis "teamwork" hierdie kant.

Sterkte almal, daar is altyd 'n makliker uitweg.

Groetnis

M

Link to comment
Share on other sites

nou het die trane gerol soos ek lag, dit als klink bekend! thanks! :blush:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...